Liewe Loeloe en die Moenie-Boelie-Masjien!

When:
September 21, 2019 @ 10:00 am – 11:00 am
2019-09-21T10:00:00+02:00
2019-09-21T11:00:00+02:00
Where:
Pierneefteater
Mogg Ave
Villeria, Pretoria
0084
Cost:
R70 volwassenes / R60 kinders
Contact:
Jopie Koen
012-329-0709


Liewe Loeloe en die Moenie-Boelie-Masjien!
Teatermaters

PIERNEEFTEATER
Sa 21 en Ma 23 September 2019
10h00

Dis weer vakansietyd en Teatermaters is terug met ‘n splinternuwe avontuur in die Liewe Loeloe reeks. Ouma Dot het ‘n Moenie-Boelie-Masjien gebou vir die Vlakplaas Vaaljapies, Loeloe en Jorsie…want ‘n boelie is mos ‘n buffel wat ander maatjies karnuffel, hy swaai sy vuiste wild en woes en almal moet net buk en koes. Ouma Dot leer vir Loeloe en Jorsie hoe om van boelies soos Tommie Tergtand, Potjie Pootjie en Sarel Suurappel Swaaier lammetjies te maak. Loeloeraai, tiekiedraai, een twee drie en sê koebaai!

012 329 0709 of info@pierneefteater.co.za

R70 volwassenes / R60 kinders