Fotostaatmasjien Oorgeklank. Willemien en Jude Harpstar

When:
October 6, 2019 @ 3:00 pm – 5:00 pm
2019-10-06T15:00:00+02:00
2019-10-06T17:00:00+02:00
Where:
Pierneefteater
Mogg Ave
Villeria, Pretoria
0084
Cost:
R120 per persoon
Contact:
Pierneefteater
0123290709


Fotostaatmasjien Oorgeklank

Willemien en Jude Harpstar

Sondag 6 Oktober 2019  15h00
R120 per persoon
012 329 0709 of info@pierneefteater.co.za

60 minute

Pouse:  Nee

Die woorde in Bibi Slippers se bekroonde digbundel word nou ook oorgeklank. Kunstenaars Willemien & Jude HarpStar het saamgespan om ’n klompie alternatiewe Afrikaanse toonsettings van die gedigte te skep wat die teks naboots, oormaak en herinterpreteer op klavier, sintetiseerder & harp.

Fotostaatmasjien Oorgeklank

Die woorde in Bibi Slippers se bekroonde digbundel word nou ook oorgeklank. Kunstenaars Willemien& Jude HarpStar het saamgespan om ’n klompie alternatiewe Afrikaanse toonsettings van die gedigte te skep wat die teks naboots, oormaak en herinterpreteer. Kom luister na ’n program wat Bibi se woordkuns (vasgevang op video) met Jude & Willemien se toonsettings en musikale avonture op harp en klavier kombineer.

Jude HarpStar  

Musikant Jude HarpStar, ‘n semi-finalis (top 18) in “SA’s got talent 2014”, het haar musiekopleiding in die VSA ontvang en verskeie toekennings ingepalm. Sy is die solo pianis op die album Øyeblikk van Caroline Leisegang, wat deur Sony Music geteken is en die   “Africa iTunes Classical Album of The Year 2015” gewen het. Die duo LU FLUR waarin sy gespeel het ook onlangs twee internasionale toekenninge gewen: “Best Acoustic Song” and “Best Pop/Adult/Contemporary EP” as deel van die “Independent Music Awards” kategorie. Paul Boekkooi het haar op die volgende manier beskryf: “arguably the most versatile and both technically and musically one of the most inspiring harpists in South Africa…”

Facebook: Jude HarpStar

Instagram: @judeharpstar_official

Website: www.judeharpstar.biz

Willemien/Philomène&

Willemien/Philomène Rust beskryf haarself as ‘n kruising tussen ‘n alternatiewe Afrikaanse liedjieskrywer en ‘n kreatiewe entrepreneur. Sy het ‘n Meesters in Frans aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het tot 2016 Frans as vak aangebied. Sy is sedert 2017 op ‘n creative sabbatical en besig met ‘n verskeidenheid musiekproduksies in samewerking met ander kunsinniges: Twee hartstale en Francophonix (saam met Adelle Nqeto, Pieter Bezuidenhout & James Robb) Klanbord (saam met chef Renette Vosloo) asook Fotostaatmasjien Oorgeklank (saam met Jude HarpStar).

Facebook: Willemien& | Philomène&

Instagram: @philo.mien

Website : www.philomien.co.za