ERFENISFEES by die Voortrekker Monument

When:
September 21, 2019 @ 9:00 am – 3:00 pm
2019-09-21T09:00:00+00:00
2019-09-21T15:00:00+00:00
Where:
Voortrekker Monument
Eeufees Rd
Groenkloof 358-Jr, Pretoria
0027

ERFENISFEES by die Voortrekker Monument
Saterdag 21 September 09:00 – 15:00

Die Erfenisfees gaan ‘n heerlike gesinsdag vol interessante aktiwiteite en kultuurdemonstrasies wees. Ons gaan brood in die tradisionele bakoond bak, koffie brand, kerse giet, botter maak en swepe vleg.

Die Trekboervereniging bied weer ‘n tipiese Voortrekkeruitstalling met kakebeenwaens en pioniersgoedere op die “ou werf” naby die bakoonde aan, en daar is ook demonstrasies van smeewerk en voorlaaier skiet. Naas allerlei snuisterye, handwerk en boekkraampies, sal heerlike potjiekoskos, ingelegde produkte en tuisgemaakte happies te koop aangebied word. Kanon Susanna sal om 12:00 vreedsaam bulder en Nadine en Joe Voster sorg vir die musiekvermaak.

Die Antiemark is nou reeds veertien jaar oud en word beskou as die beste van sy soort in die land. Stalletjies is onbekombaar. Hulle is so skaars omdat uitstallers nie maklik van hulle staanplek afsien nie. Daar is tans 171 stalletjies wat ‘n verskeidenheid antiek- en versamelaarsitems verkoop. Besoekers kan ou erdeware, muntstukke, porselein, Dinky Toys, eetware, messe, juwele, glasware en nog baie meer op hierdie mark kry.

Daar is ‘n restaurant en verskeie kosstalletjies op die mark, asook parkering vir persone met rolstoele. Besoekers word gevra om asseblief nie hulle honde of ander troeteldiere saam te bring nie, aangesien die Monument in ‘n natuurreservaat geleë is.

Navrae aangaande die Antiekmark kan gerig word aan Geraldine Paulsen by 012 326 6770 of by bemarking@vtm.org.za. Navrae aangaande die Erfenisfees kan gerig word aan Thea Furstenburg by thea@vtm.org.za. Eeufees Rd, Groenkloof 358-Jr, Pretoria

ALGEMENE TYE EN TARIEWE – Alle fasiliteite is rolstoel-vriendelik
GPS Koördinate: -25.776372, 28.175985 (Slegs korrek op Google)
Toegang tot terrein: (geldig van 1 Maart 2019)

Busse: R 100
Mini-busse: R60
Erfenisheffing: R15
Navorsers en biblioteek: R50 per persoon

Vriende van die Monument – gratis, passasiers betaal toegangsfooie
Jaarliks : (Slegs Vriende van die Voortrekkermonument) Kliek hier vir aansoekvorm

Volwassenes: R 90
SA Skoliere (sonder gidse): R 45
SA Skoliere (met gidse): R 60 (Sien Opvoedkundige dienste vir Skole en Jeugorganisasies Druk hier)

Gesin (ouer/s met 3 eie kinders onder 18), voertuig ingesluit: Maksimum R180
Gidsfooi: R400

Kunsgalery
Ingesluit by bostaande tensy anders by hoofingang of op gebeureprogram gespesifiseer.