Die Wetenskap van Kuns en Klank. Werkswinkel Kinders tussen die ouderdomme van 6 jaar en 12 jaar oud (graad R – graad 6/7)

When:
September 23, 2019 @ 9:00 am – 12:30 pm
2019-09-23T09:00:00+02:00
2019-09-23T12:30:00+02:00
Where:
Brooklyn Theatre
c/o 13th Street & Thomas Edison
Cost:
R200
Contact:
Administration
0124606033

Die “Lig-Lug en Klank” vakansie werkswinkel het vir die eerste keer in Desember 2018 by die Brooklyn teater plaasgevind. Na groot belangstelling en navraag keer die werkswinkel terug met die klem op “Die Wetenskap van Kuns en Klank” (The Science of Art and Sound)

Dieselfde tema sal aangebied word vir onderskeidelik Engelse en Afrikaanse leerders. 

 

23 September 09:00-12:30 (Afrikaans)
23 September 14:00 – 17:30 (English)

Tydens hierdie 3 en `n half ure  gaan die jong kind unieke boublokke van Wetenskap, Kuns en Musiek op `n kreatiewe manier ervaar. Kinders tussen die ouderdomme van 6 jaar en 12 jaar oud (graad R – graad 6/7) word genooi om in te skryf en te registreer voor of op 20 September 2019. 

Die werkswinkel sal ingedeel word in afdelings van 45 /50 minute elk en elke kind kry die kans om die drie stasies van kuns, musiek en wetenskap te besoek en meer te leer, te bou, te ontdek, te speel, te verf, te maak en te eksperimenteer. Aanbieders van hierdie program sal bestaan uit Magdaleen Lamey (Musicula), Anna-Marie de Beer (Xperiland) en Zarien van Staden, Arbeidsterapeut en Kreatiewe leerspesialis.

Beperkte getalle(45 leerders) per sessie is beskikbaar, so skryf nou in om teleurstelling te voorkom.

Waar: Brooklyn Teater
Wat: “Die Wetenskap van Kuns en Klank” werkswinkel 
Wanneer: 23 September 2019
Tydsduur: 09:00 – 12:30 Afrikaans
                     14:00 – 17:30 Engels 
Koste per kind: R200 per sessie,  betaalbaar voor of op 20 September 2019

Verrassings wat wag: Spesiale Storie tyd, Teater Toer, Eksperimente: “hoor, vat, voel, sien en miskien ook proe!”

Bring saam: Eie kospakkie en water
of Bestel kospakkie by P.S. Delicious 062-226-5829 chef@psdelicious.co.za

Bespreek: Brooklyn Teater tel nr 012-460-6033

Bespreek op hierdie skakel

Na betaling, vul asseblief hierdie Google vorm in
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScF2UvvutJ9sYzay1zfZnIEntlp-vMuA-Z4Uu3XwVqr8o9B6w/viewform